Sewe mans vas nadat hulle glo sigarette steel

Sewe mans is Donderdag in Mamelodi-oos, buite Pretoria, in hegtenis geneem nadat hulle ʼn sigaret-afleweringsvoertuig beroof het, het die polisie in Gauteng gesê.

Die vragmotor tydens sy roetine-afleweringsroete in Cullinan, oos van Pretoria geteiken, het kaptein Pinky Tsinyane gesê. “Nadat hulle die sigarette beroof het, het die sewe na Mamelodi-oos gevlug met die polisie op hul spoor. Hulle is naby die Mahube-sentrum in hegtenis geneem,” het sy gesê. Die sigarette het ʼn straatwaarde van R52 000. Tsinyane het gesê die mans het ook twee ongelisensieerde vuurwapens in hul besit gehad. Die polisie het ook drie gesteelde voertuie en nege selfone konfiskeer. Die mans sal binnekort in die landdroshof in Mamelodi verskyn op aanklag van die besit van gesteelde goedere, ongelisensieerde vuurwapens en roof. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.