Sewe mense is Maandag dood nadat ʼn 43-jarige man met ʼn vuurwapen op hulle losgebrand het by ʼn private Christelike-kollege in die noorde van Kalifornië.
Ene L Goh, ʼn voormalige student aan die kollege, is sowat ʼn uur na die skietery by ʼn winkelsentrum in hegtenis geneem. Vyf mense is op die toneel dood terwyl twee later in die hospitaal aan hul beserings beswyk het. Drie mense is beseer. Die motief vir die skietery is nie bekend nie.