Sewe ontsnap deur toiletgat uit Secunda-tronk

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie is steeds op soek na sewe verhoorafwagtendes wat Vrydag uit aanhouding in Secunda, Mpumalanga, ontsnap het.

“Sewe gevangenes het Vrydag deur ʼn gat ontsnap wat hulle gegrawe het deur ʼn toilet in hul sel te verwyder,” het kol. Leonard Hlathi Maandag, ʼn polisiewoordvoerder, gesê. “Hulle het die toilet verwyder en stene om die toilet se gat gebreek, en deur die gat ontsnap.”

Twee gevangenes, wat nie ontsnap het nie, het aan die polisie gesê die mans wat ontsnap het, het staalpype gebruik om die gat om die toilet te maak.

Een van die mans wat ontsnap het, is Saterdag weer in hegtenis geneem nadat hy gevang is vir winkeldiefstal. Hy is aanvanklik op 21 September in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn geheuestokkie gesteel het.

Vier van die verhoorafwagtendes wat soek is, is Eric Mokoena (27), Freddy Mokoena (21), Thomas Tsibiso (27) en Mbongi Maseko (26). Hulle is verlede Woensdag by ʼn taxi-staanplek in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn man met ʼn geweer beroof het.

Lucky Mnisi (22) is ook soek nadat hy glo op 25 Augustus sy pa se skootrekenaar gesteel het. Die laaste verdagte is Siyanga Zungu (26), wat op 19 September in hegtenis geneem is nadat hy glo ʼn flits uit ʼn voertuig gesteel het.

Die polisie het ʼn interne ondersoek van stapel gestuur om die ontsnapping te ondersoek.

Volgens Hlathi staar die man wat weer in hegtenis geneem is, nou ʼn ekstra aanklag van ontsnapping uit aanhouding in die gesig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Vas Vat ·

Waar was die wagte…Hierdie proses kon beslis nie in stilte plaasvind nie ???

Jasper ·

En nadat hulle klaar gat gekruip het, stap hulle doodluiters by die hek uit of klim oor die heinings en niemand “ruik” onraad nie. Om van te lag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.