Sewe perde uit Soweto gered

Sewe perde is gered uit Zola, Soweto, deur die polisie, Johannesburgse metropolisie, die DBV en die omgewingsdepartement. 

Ao Kay Makhubela sê hulle het om 05:00 ‘n gesamentlike klopjag uitgevoer waar staaldiefstal, verkragtings en die stroop van gesteelde voertuie vir onderdele glo gereeld plaasvind. Makhubela sê die perde was glo in ‘n “baie slegte kondisie” en is deur die diewe gebruik om waens te trek waarop gesteelde staal en motoronderdele vervoer is. Die perde is tans in die sorg van die DBV geplaas. Alles op die perseel is verwyder en die skuilings is afgebreek. “Die mense het weggehardloop toe hulle die polisie sien aankom,” het Makhubela gesê. Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die polisie sal die saak verder ondersoek. -Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.