Sewe polisiebeamptes vrygespreek van betoger se dood

Die Ficksburg-streekshof het Donderdag al sewe polisiebeamptes vrygespreek wat beskuldig was van die dood van die betoger Andries Tatane.

Landdros Hein van Niekerk het bevind dat die staat nie sy saak bo redelike twyfel kon bewys nie.

Tatane is op 13 April 2011 dood nadat die polisie rubberkoeëls en knuppels op hom moes gebruik om hom tydens ‘n diensleweringsbetoging in Ficksburg te tem. Die saak het groot media-aandag ontvang nadat beeldmateriaal van Tatane se aanranding landswyd uitgesaai is.

Die beamptes Nicodemus Israel Moiloa, Mothusi Magano, Mphonyana Ntaje, Olebogeng Mphirime, Solomon Moeketsi, Jonas Skosana en Isaac Finger, was aangekla van moord en aanranding met die doel om ernstig beseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.