Sewe skuldig ná wagte dood brand

Sewe mans is Vrydagoggend skuldig bevind aan moord in die Polokwane hooggeregshof ná ʼn transitorooftog vyf jaar gelde waarin vier veiligheidswagte doodgebrand het.

Beeld berig dat sewe van die nege beskuldigdes aan moord skuldig bevind is. Die vier wagte was op 29 September2006 van Polokwane na Lephalale (Ellisras) op pad met R10 miljoen wat by ’n bank afgelewer moes word. ʼn Groep rowers met ʼn Mercedes Benz het in die geldwa vasgejaag voor dit omgeslaan het. Die rowers het op die geldwa losgebrand en dit aan die brand gesteek met die vier wagte binne-in. Marcus Malete (24), Hennie Botha (22) en Dirk Kleynhans (28) het in die SBV-veiligheidsmaatskappy se geldwa verkool. Deon Stein (20) is uit die geldwa gehaal maar is later aan vermoedelik rookinaseming dood.

Die nege beskuldigdes is Emmanuel Baros, Asser Ndjamba, Antonio Ndala, Tshepo Malebo, Joe Malebese, Lawrence Mabitsela, Wilson Manaka, Kenneth Moitshela en Alpheus Msiza. Daar is vroeër in die hof gehoor dat daar geen bewyse of getuienis is dat Moitshela en Msiza deel was van die bende rowers tydens die rooftog nie maar dat hulle glo die motors waarmee die rowers van die toneel gevlug het in Pretoria gesteel het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.