Sewe sterf in gru-ongeluk

Foto: ER24

Foto: ER24

Sewe mense is Sondag dood in ʼn botsing tussen vyf voertuie op die N6 tussen Reddersburg en Bloemfontein in die Vrystaat.

Volgens ER24 het twee motors reg van voor gebots voor ʼn vragmotor en nog twee voertuie teen hulle gebots het. Vyf mense is met paramedici se aankoms op die toneel dood verklaar. Drie mense het kritieke beserings opgedoen. Een van die beseerdes is ook kort hierna op die toneel dood verklaar. Die sewende slagoffer is by die hospitaal dood verklaar. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Willy ·

Hoe is dit moontlik dat ‘n voertuig in twee skeur? Kan ‘n gewone motor so ‘n spoed handhaaf op die paaie wat in so ‘n toestand is?
Ek sien sulke swartstrepe en parte lê tot ‘n lugfilter! vanoggend teenaan die muur in die middel van die snelweg tussen Pretoria en Verwoerdburgstad. Dan is dit ‘n reguit stuk vierbaan snelweg. Ek vra myself af hoe is dit moontlik?

martie ·

Het Sondag gesien hoe ry mense op snelwee,jy ry agter n motor siit flikker aan om verby te gaan dan gee voorste motor spoed om weg te kom 4bane motor kom van agter met hoe spoed skielik kom n motor van die regtekanste baan oor na heel links hy het vergeet hy wou by die slipway afgaan of anders ry jy jou spoed skielik kom daar n voertuig met hengse spoed aan jou linkerkant verby jou flikker is lankal aan om af te draai gelukkig sien my man die jaagduiwel betyds raak Kyk op die snelwee het jy oe agter,langs en voor in jou kop nodig mense dink nie meer nie hulle doen dit net.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.