Sewe sterf in botsing

Sewe mense, insluitend ʼn kind, is Woensdagaand dood nadat ʼn motor en ʼn 18-wiel-vragmotor buite Uitenhage in die Oos-Kaap gebots het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, sê die botsing het omstreeks 19:50 op die R75 op pad na Graaff Reinet plaasgevind. Botha sê ʼn driejarige dogtertjie het kritieke beserings opgedoen en is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling. Die bestuurder van die vragmotor het ligte beserings opgedoen. Die polisie ondersoek die oorsaak van die botsing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.