Sewe mense is Maandagoggend dood in ʼn botsing in Mpumalanga.
Moeti Mmusi, provinsiale veiligheidswoordvoerder, sê die ongeluk het op die R23-pad naby Balfour plaasgevind.
“Die minibustaxi waarin die mense gery het se band het vermoedelik gebars waarna die taxi omgeslaan het. Buiten die oorledenes, het nege mense ernstige beserings opgedoen. Hulle is na hospitale in Balfour en Heidelberg geneem vir verdere behandeling,” het Mmusi gesê.