Sewe sterf in gru-botsing

Sewe mense is dood nadat die voertuig waarin hulle gery het reg van voor teen ʼn vragmotor gebots het op die R555 naby Middelburg in Mpumalanga.

Joseph Mabuza, woordvoerder van die provinsiale departement van gemeenskapveiligheid, sê al sewe insittendes van die motor is op slag dood. Hy sê twee kinders was onder die oorledenes. Volgens Mabuza was die een kind glo tussen twee en drie jaar oud terwyl die ander een glo twee maande oud was. Hy sê die botsing het op die pad tussen Middelburg en Stofberg plaasgevind. Volgens Mabuza het die bestuurder van die motor beheer verloor en reg van voor teen ʼn aankomende vragmotor gebots terwyl dit gepoog het om ʼn ander vragmotor verby te steek. Die insittendes van die vragmotor is nie in die ongeluk beseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.