Sewe sterf in gru-ongeluk op N1

Foto: ER24

Sewe mense is Maandagoggend dood, waaronder ʼn tweejarige seuntjie, nadat die taxi waarin hul gery het teen ʼn versperring gebots het op die N1 noord naby Maraisburg in Diepsloot.

ʼn Woordvoerder van Netcare911, Jeffrey Wicks, sê die bestuurder van die taxi het glo beheer verloor en teen ʼn versperring gebots voor die taxi omgeslaan en verskeie kere gerol het. Wicks sê die passasiers is uit die taxi geslinger. Hy sê toe paramedici op die toneel kom het hulle die liggame van ses volwassenes en ʼn kind gevind. Wicks sê verskeie mense is beseer en op die toneel behandel. ‘n Woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, Synock Matobako, sê daar was ook twee bokke en ‘n hoender in die taxi. Die bokke het ook op die toneel gebrek. Matobako sê die bestuurder van die taxi sal van strafbare manslag aangekla word. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.