Sewe sterf in Pta-ongeluk

Foto: @kuda_Stylez/Twitter

Sewe mense is dood en nege mense is beseer na ʼn ongeluk Sondagaand op die N14-suid net voor die Jeanlaan-afrit in Pretoria.

Johan Pieterse, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, sê sewe mense is op die toneel dood verklaar na die taxi waarin hulle gery omgeslaan het. Hy sê twee mense is kritiek beseer en nog drie, waaronder twee kinders, is ernstig beseer. Pieterse sê vier mense het ligte beserings opgedoen. Van die passasiers het die bestuurder van die taxi glo gewaarsku oor ʼn vreemde geluid van die een van die taxi se agterste bande voor dit omgeslaan het. Verkeer is gisteraand erg ontwrig en die hoofweg is eers laataand weer oopgestel. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.