Sewe sterf in KZN-ongelukke

Sewe mense is die afgelope twee dae in ongelukke in KwaZulu-Natal dood.

Kwanele Ncalane, woordvoerder van die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid, sê vyf skoolkinders is Dinsdag in Umsinga omgery nadat die bestuurder van ʼn bakkie beheer verloor het. “Twee kinders is op die toneel dood terwyl ʼn derde kind in die hospitaal dood is. Die twee ander kinders is in die hospitaal opgeneem.” Ncalane sê twee skoolkinders is Maandag dood nadat die minibustaxi waarin hulle gery het se band gebars en dit omgeslaan het tussen Jolivet en KwaDumisa. Daar was 24 passasiers in die taxi. Ncalane sê nog twee mense is dieselfde dag dood na drie motors in ʼn botsing betrokke was tussen Umhlanga en Umdloti. Willies Mchunu, LUR vir gemeenskapsveiligheid, sê dit is jammer dat mense sterf in ongelukke wat voorkom kon word. “Ek is uiters ontsteld oor sulke ongekende vermetelheid en ‘n gebrek aan respek vir mense se lewens deur diegene wat die verkeerswette oortree,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.