Sewe tieners in hof ná diefstal by skool

Argieffoto

Sewe tieners, wat in hegtenis geneem is in verband met die diefstal van skoolgoedere in Viljoenskroon in die Vrystaat, gaan Vrydag in die landdroshof verskyn.

Volgens kaptein Stephen Thakeng, ʼn polisiewoordvoerder, het die hoof van Hoërskool Kgabareng Maandag die diefstal aangemeld, berig OFM.

Sewe leerlinge, tussen die ouderdom van 15 en 17, is Dinsdagaand in hegtenis geneem nadat die polisie ‘n wenk van die publiek ontvang het. Van die leerlinge is van Hoërskool Kgabareng terwyl die ander van Hoërskool Thabang is.

Die polisie het glo 42 sakrekenaars, nege stelle wiskunde-instrumente, 10 kramdrukkers, 48 penne en potlode, liniale, 20 liter vrugtesap en ‘n ketel in die verdagtes se besit gevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.