Sewe vas in VSA oor renosterhorings

Foto: www.rhinoconservation.org

Sewe mense is in die VSA in hegtenis geneem op aanklagte wat verband hou met die smokkel van renosterhorings.

ʼn Woordvoerder vir die Amerikaanse prokureur se kantoor, Thom Mrozek, sê ʼn Chinese burger, Jin Zhao Feng, is Woensdagaand by die Los Angeles Internasionale Lughawe in hegtenis geneem. Owerhede vermoed hy was betrokke by die verskeping van dosyne renosterhorings uit die VSA na China. Die inhegtenisnemings kom na ʼn 18-maande lange ondersoek genaamd “Operation Crash” – die term vir ‘n trop renosters. Die ondersoek was na ‘n internasionale smokkelring wat in renosterhorings handel. Alle renosterspesies word beskerm onder Amerikaanse en internasionale wetgewing. Drie ander verdagtes is in die suide van Kalifornië in hegtenis geneem. Hulle is Jimmy Kha (49), sy vriendin Mai Nguyen (41) en Kha se 26-jarige seun Felix. Daar os 37 renosterhorings in hulle besit gevind. Een van die vermeende verskaffers, Wade Steffen, is in Texas in hegtenis geneem. Daar is $337,000 in sy besit gevind. Amir Even-Ezra is in New Jersey in hegtenis geneem nadat hy renosterhoring gekoop het. David Hauzman is in Manhattan in hegtenis geneem vir die onwettige handel in renosterhorings. Bykomende soektogte deur wetstoepassers het gelei tot die beslaglegging van nog renosterhorings, kontant, goudstawe, diamnate en Rolex-horlosies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.