Sewe vas ná video oor ‘bendeverkragting’

Sewe jong mans, tussen die ouderdomme van 14 en 20, is Dinsdag in hegtenis geneem nadat hulle ʼn 17-jarige meisie om die beurt verkrag het.

EWN berig dat die jong mans ʼn grafiese selfoonopname gemaak het van die voorval wat in Soweto plaasgevind het. Daar kan glo op die video gehoor word hoe die jong mans grappe maak en mekaar aanmoedig. Daar kan ook gesien en gehoor word hoe die meisie by haar aanvallers pleit om op te hou. Die jong mans het haar glo na die tyd R2 aangebied om stil te bly oor die voorval. ʼn Polisiewoordvoerder, Kay Makhubela, sê die polisie soek steeds na die meisie in die video. Hy sê dit is nie duidelik of die meisie dalk verstandelik gestremd is of dalk bedwelm is nie. Die meisie in die video het glo sowat drie weke gelede vermis geraak in Dobsonville.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.