Sewe vas vir perlemoen

Argieffoto

Sewe mense is in die Wes-Kaap in hegtenis geneem nadat perlemoen in hul besit gevind is.

Die polisie het Sondagoggend op ʼn wenk van die publiek reageer en ʼn vrou en ses mans in Ntlangano Crescent, Nyanga, in hegtenis geneem.

Die polisie het beslag gelê op 679 perlemoene. Die groep sal na verwagting vandeesweek in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.