Sewe mense is in die Wes-Kaap in hegtenis geneem nadat perlemoen in hul besit gevind is.
Die polisie het Sondagoggend op ʼn wenk van die publiek reageer en ʼn vrou en ses mans in Ntlangano Crescent, Nyanga, in hegtenis geneem.
Die polisie het beslag gelê op 679 perlemoene. Die groep sal na verwagting vandeesweek in die hof verskyn.