Sewe vas vir reeks rooftogte in Sasolburg

Sewe mense is in hegtenis geneem vir ʼn reeks rooftogte in die Sasolburg-omgewing.

Konst. Peter Kareli, ʼn polisiewoordvoerder van die Vrystaat, het Dinsdag gesê vyf mans van Mosambiek en twee van Suid-Afrika is onderskeidelik in Kathlehong, Orange Farm en Mamelodi in hegtenis geneem. Hulle is tussen 22 en 32 jaar oud.

“Verskeie gesteelde goedere is in hul besit gevind,” het Kareli gesê.

Die inhegtenisnames volg nadat ʼn spesiale taakspan op die been gebring is om ʼn string huisrowe in die gebied te ondersoek. Volgens Kareli duur die ondersoek voort en behoort meer verdagtes vasgetrek te word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.