Sewe vas wat glo R1.2 miljoen steel

Sewe mense is in arres nadat hulle glo R1.2 miljoen gesteel het van geld wat vir gemeenskapontwikkeling in die Noord-Kaap bedoel was.

Kapt. Paul Ramaloko, ʼn woordvoerder van die Valke, het Vrydag gesê al sewe mense het op die Tsantsabana-gemeenskapsraad gedien.

“ʼn Totaal van R2.7 miljoen is toegestaan vir ontwikkelingswerk in Tsantasabana. Die sewe raadslede het glo R1.2 miljoen daarvan gebuit en dit tussen hulle verdeel,” het Ramaloko gesê.

Die verdagtes moet Vrydag in die Postmasburg-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.