Sewe vermeende misdadigers doodgeskiet

Sewe vermeende misdadigers is in Inanda, KwaZulu-Natal, deur die polisie doodgeskiet.

ʼn Polisiewoordvoerder, kol. Vincent Mdunge, sê die voorval het Saterdagaand by ʼn huis in Inanda plaasgevind. Hy sê die polisie het ʼn wenk ontvang dat ʼn “bekende groep misdadigers wat tot die tande gewapen was” onwettig in die huis gewoon het. “Toe beamptes op die toneel gearriveer het, is daar vanuit die huis op hulle geskiet,” het Mdunge gesê. “Die polisie het teruggeskiet en al sewe vermeende misdadigers is doodgeskiet.” Die polisie het drie vuurwapens op die toneel gevind. Mdunge sê die oorledenes was tussen 25 en 37 jaar oud en word verbind met misdade in Durban.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.