Sewe walvisse dood na hulle in NZ uitspoel

Sewe loodswalvisse is reeds dood en bewaringsbewustes in Nieu-Seeland het Saterdag gesukkel om 11 ander te red nadat hulle in ʼn groot groep op die strand uitgespoel het.

Hulle kon die oorblywende walvisse betyds terugkry in die see maar dit het gelyk of hulle nie genoeg energie gehad het om weg te swem nie, het John Mason, areabestuurder van die departement van bewaring gesê. Die walvisse, wat Vrydagmiddag in ʼn groot groep aan die bopunt van Nieu-Seeland se Suid-eiland uitgespoel het, is deel van ʼn familie van 70 wat by Golden Bay voorgekom het, waar sulke uitspoelings algemeen is. Twee maande gelede is 47 loodswalvisse dood nadat hulle naby toeriste-stad, Nelson, uitgespoel het. Loodswalvisse word tot 6 meter lank word en is die mees algemene spesie van walvisse wat in Nieu-Seeland voorkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.