Sewejarige van Kemptonpark verdrink in KZN

Argieffoto

‘n Sewejarige seun van Kemptonpark in Johannesburg het Maandag in ‘n strandmeer by Glenmore-strand, noordoos van Port Edward in KwaZulu-Natal, verdrink.

“Die seun het kort voor 13:00 onder die water verdwyn terwyl hy probeer het om saam met ‘n groep kinders die strandmeer wou oorsteek,” het Alan Stilwell van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in Port Edward gesê. Stilwell sê ‘n groot familie het van hul vakansieakkommodasie na die strand toe gestap. ‘n Groep kinders, wat saam met die familie gereis het, het na die strand toe gehardloop. “Ons glo hulle het moontlik, met hul aankoms, die strandmeer oorgesteek toe die sewejarige in die moeilikheid beland het. Hy het onder die water verdwyn.”

Sy liggaam is ná ‘n soektog die middag opgespoor. “Sy liggaam is in die sorg van die forensiesepatologie-dienste gelaat en die polisie sal ‘n nadoodse ondersoek las.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.