Sexwale as ‘terroris’ aangehou

Tokyo Sexwale Foto: Werner Beukes/SAPA

Tokyo Sexwale Foto: Werner Beukes/SAPA

Die voormalige minister Tokyo Sexwale het die Amerikaanse regering versoek om sy naam permanent van die land se wêreldwye terroristelys af te haal.

Sexwale is verlede week by die JFK-lughawe aangehou nadat beamptes sy naam op dié lys gesien het.

Die lys is tydens apartheid opgestel toe ʼn paar ANC- beamptes deur die destydse apartheidsregering daarop geplaas is.

Na ʼn kort bespreking met die beamptes is Sexwale vrygelaat.

Lesley Makhabela, Sexwale se prokureur, het gesê Sexwale was verras om sy naam steeds op die lys te sien en voel verneder deur die voorval.

“Hy voel veral verneder omdat hy nie toegelaat is om met sy prokureur of familie in verbinding te tree terwyl hy aangehou is nie,” het Makhabela gesê. “Almal van die ANC, wie se naam op die lys geplaas is, is 10 jaar gelede die versekering gebied dat hul name verwyder is. Ons het met die ambassadeur in Amerika geskakel en oor die voorval gekla.”

Makhabela het gesê hy het ʼn brief aan die Amerikaanse regering gestuur om te sorg dat Sexwale se naam permanent van die lys verwyder word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Amy ·

Waarom is die woord terroris in AANHALINGSTEKENS gebruik? Hy was mos een gewees???

Ver Van Ryn ·

Haha, wys net die res van die wêreld het ook gedink hulle is terroriste…

simon ·

Nee wat los sy naam maar op lys. Dan kan mense hom sien vir wie hy is en die res van sy maters.

bushy ·

hy is en bly n terroris en plaas steeds die blaam op die vorige regering

Rudi ·

Lekker ‘n fout gemaak, Amerikaners! Julle wil mos so graag by die ANC kruip, maar julle weet wie hulle eintlik is …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.