Shaik ontken hy het joggie aangerand

Schabir Shaik Foto: Werner Beukes/SAPA

Schabir Shaik Foto: Werner Beukes/SAPA

Veroordeelde bedrieër Schabir Shaik het ontken dat hy ʼn joggie by ʼn gholfbaan in Durban verbaal geteister en aangerand het, het The Star Dinsdag berig.

Die polisie is drie weke gelede na die Papwa Sewgolum-gholfbaan ontbied nadat ʼn joggie beweer het Shaik het hom met ʼn gholfstok geslaan, op hom getrap met sy spykerskoene en hom ʼn rassistiese term vir swartmense toegesnou.

Die joggie, wie se naam nie bekend gemaak is nie, het glo erken dat hy teruggekap het deur Shaik ʼn rassistiese naam vir ʼn Indiër te noem.

“Ek speel regoor KwaZulu-Natal op verskeie gholfbane, maar dit is slegs by Papwa waar hulle ʼn probleem het,” het Shaik Dinsdag aan The Star gesê. “As ek ʼn Chuck Norris-sindroom gehad het, sou ek sekerlik tog met al die joggies by die gholfbane in KwaZulu-Natal ʼn probleem gehad het?”

Volgens The Mercury het die joggie ʼn saak aanhangig gemaak by die polisie, maar pogings is aangewend om hom te verhoed om die saak verder te voer en hy het R500 omkoopgeld aanvaar. Die koerant berig verder dat Shaik se dokter, Salim Gaffoor, wat saam met hom by die gholfbaan was, gesê het dat hy slegs die joggie gestamp het. “Hy maak nou ʼn berg van ʼn molshoop,” het Gaffoor gesê. “Dit was niks ernstig nie.”

Shaik het na bewering in 2011 ʼn joernalis gewurg en geklap nadat die joernalis ʼn storie wou doen oor Shaik wat gholf speel terwyl hy op mediese parool vrygelaat is. Daar was nie genoeg bewyse om die saak verder te voer nie. Shaik is ʼn paar weke later by ʼn moskee van aanranding beskuldig nadat hy glo ʼn man geklap en geslaan het tydens ʼn argument oor parkering. Hiervan het ook niks gekom nie.

Shaik is in 2005 skuldig bevind aan bedrog en korrupsie, en het twee jaar en vier maande lank van sy 15 jaar vonnis uitgedien voordat hy op mediese parool vrygelaat is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Johan Viljoen ·

Die skelm maker baie beslis niks as hy golf speel op bane oor die hele KZN.

wllie ·

Sy dokter speel seker saam met hom vir ingeval sy medese toestand verswak. Hoe lagwekkend tog nie.

Eben ·

“Ek speel regoor KwaZulu-Natal op verskeie gholfbane, maar dit is slegs by Papwa waar hulle ʼn probleem het,” maar die man is veronderstel om siek te wees. Natuurlik zumie se pêl!

JD ·

Shaik, wanneer verwissel jy die tydelike met die ewige? Onthou…jy is TERMINAAL siek, so jy moet NOU dood gaan!!!Tata

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.