Shaik: “Zuma skuld my R2 miljoen”

Die presidensie wil nie kommentaar lewer op ʼn berig in ʼn Sondagkoerant dat die veroordeelde bedrieër, Schabir Shaik, aandring op presidensiële kwytskelding en die terugbetaal van lening aan president Jacob Zuma nie.

Die Sunday Independent berig dat Shaik aandring op die terugbetaling van ʼn R2 miljoen lening aan Zuma. “Daar is geen kommentaar nie. Die kwessie van kwytskelding word deur die departement van justisie hanteer…dit is die enigste kwessie waarop ons kommentaar sal lewer, nie die ander nie,” het Zuma se woordvoerder Mac Maharaj Sondag gesê. Shaik het glo ʼn lening van R2,5 miljoen aan Zuma verskaf om te gebruik vir sy kinders se onderrig en onderhoud. Zuma het glo R500 000 terugbetaal. Shaik dring ook daarop aan dat hy presidensiële kwytskelding kry aangesien hy reeds meer as drie jaar terug daarvoor aansoek gedoen het. Hy sê hy het nog niks van Zuma gehoor sedert hy president geword het nie hoewel hulle voor dit in kontak was. Shaik sê hy voel gebruik en in die steek gelaat deur Zuma wat eens op ʼn tyd ʼn goeie vriend van hom was. ʼn Woordvoerder van die departement van justisie, Tlali Tlali, sê Shaik se aansoek dien tans voor die departement. Tlali sê dit sal dan aan die president gestuur word vir oorweging en besluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.