Shell kom uit skulp, bou baie sonkragpanele

Showa-Shel se dogtermaatskappy, Solar Frontier, se sonkragpenele.

‘n Japannese filiaal van die Brits-Nederlandse oliereus, Shell, het aangekondig dat hy en sy dogtersmaatskappy nou groot planne het met die vervaardiging van sonkragpanele, en binne vier jaar een van die grootste vervaardigers ter wêreld wil wees.

Die maatskappy het lank navorsing gedoen op die dun-selpanele, wat effe minder krag opwek as die gewone panele, maar heelwat goedkoper is.

Die filiaal, Showa-Shell, beoog om hul produksiekoste teen 2017 te halveer.

Foto: Showa-Shel se dogtermaatskappy, Solar Frontier, se sonkragpenele.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Paul Joubert ·

Dis nie noodwendig presies dieselfde tegnologie nie, maar een van die persone wat ‘n groot deurbraak gemaak het met dun sonpanele is ‘n professor van die Universiteit van Johannesburg. Sover ek weet is daardie tegnologie toe aan ‘n Duitse maatskappy gelisensieer, maar moontlik sal Shell van dieselfde tegnologie gebruik maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.