Shell ontken dat hy petrol weerhou

Shell Suid-Afrika het berigte ontken dat hy opsetlik petrol weerhou voor Woensdag se petrolprysstyging.

EWN berig dat talle motoriste kla oor Shell-vulstasies regoor die land wat geen petrol beskikbaar het nie. Die prys van petrol styg om middernag met 34c per liter. ʼn Woordvoerder van Shell, Elton Fortuin, sê hulle ondervind reeds die afgelope paar weke probleme. Hy sê voorsiening is beperk weens ʼn raffinadery wat in Durban gesluit is. Dit sal verwagting middel volgende maand heropen. Gauteng het verlede maand onder ʼn brandstoftekort gebuk gegaan. Volgens berigte het talle Sasol-, Engen- en BP-vulstasies ook reeds leeggeloop.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.