Shiceka skuldig bevind na besoek aan vriendin in tronk

Die minister van plaaslike regering en tradisionele sake, Sicelo Shiceka. Foto: GCIS

Die openbare beskermer, Thuldi Madonsela, het die minister van plaaslike regering en tradisionele sake, Sicelo Shiceka, skuldig bevind aan wanadministrasie.

Madonsela sê Shiceka het openbare fondse misbruik en het die president gevra om “ernstige aksie” teen hom te oorweeg. Sy Shiceka het president Jacob Zuma moedswillig om die bos gelei rakende ʼn besoek aan Switserland aangesien hy nie vir werkdoeleindes gegaan het nie maar om sy vriendin te besoek wat daar in die tronk is. Madonsela sê Shiceka het ook vir haar gelieg deur te sê hy was nie by die tronk gewees tydens sy besoek nie en sodoende die etiese gedrsagskode vir die lede van die uitvoerende gesag verontagsaam het. Sy het die direkteur-generaal in die presidensie gevra om binne 60 dae te kenne gee watter aksie teen Shiceka geneem sal word. Shiceka is sedert Februarie met siekteverlof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.