Shivambu: ‘Joernalis het seksuele belangstelling getoon’

Floyd Shivambu

Die geskorste woordvoerder van die ANC-jeugliga, Floyd Shivambu, beweer die joernalis wat hom dagvaar vir haatspraak het hom vrae gevra wat verband hou met haar “seksuele belangstelling” in ʼn ander man.

Carien du Plessis het ʼn klag van haatspraak teen Shivambu aanhangig gemaak nadat hy haar glo ʼn “wit teef” genoem het. Sy beweer dat Shivambu in Mei 2010 vir haar ʼn sms gestuur het waarin hy glo gesê het: “Jy moet leer om mense te respekteer. Ek lewer nie kommentaar oor kwessies in die Jong Kommuniste Liga nie en hou asseblief op dom wees…Ek sal nie die respek van wit tewe wil kry nie…so droom voort.” Shivambu ontken egter dat hy die woorde aan Du Plessis gesê het. Shivambu sê hy het altyd ʼn professionele verhouding met Du Plessis gehandhaaf maar dat dit verander het toe sy op ʼn persoonlike vlak met hom gepraat het. “Ek sou nooit gedink het sy is rassisties nie aangesien sy vir my gesê het dat sy dit oorweeg om met ʼn swart man te slaap wat haar gevlei het”, sê Shivambu in ʼn beëdigde verklaring. “…die joernalis het met my gekommunikeer…op ʼn privaat vlak…toe sy vir my vreemde vrae gevra het, oor wat duidelik seksuele belangstelling was, wat sy in ʼn swart man gehad het wat ek ken.” Du Plessis dagvaar Shivambu vir R100 000 se skadevergoeding in die Johannesburgse Gelykheidshof. Shivambu se beëdigde verklaring is vroeër die week by die hof ingedien. Landdros Oriel Vele het vroeër gelas dat verklaring en ander belangrike dokumente teen vandag moet ingedien word. Shivambu en Du Plessis moes ook hulle selfone en simkaarte beskikbaar maak. Die partye sal op 14 Februarie ontmoet voorleggings en weer op 28 Februarie vir antwoorde op vrae.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.