Shoprite verloor miljoene tydens Madiba se begrafnis

shopriteThe New Age het Maandag berig hoeveel geld die Shoprite-kettingwinkelgroep verloor het toe hulle in Desember hul deure vir ʼn dag lank toegemaak het vir oud-pres. Nelson Mandela se begrafnis.

“Kersfeesverkope vir Desember is geraak deur die sluiting van alle Shoprite-winkels in die land op 15 Desember vir Mandela se begrafnis,” het Shoprite in ʼn verklaring gesê. “Na beraming sou verkope van ongeveer R260 miljoen gegenereer word indien al die winkels op dié dag oop was.”

Massmart, wat onder andere Game, Makro en Builder’s Warehouse besit, het onlangs aangedui dat die groep sowat R200 miljoen verloor het toe hy sy winkels op dié dag gesluit het.

ʼn Hele aantal winkels het op die dag van Mandela se begrafnis hul deure gesluit. Pick n Pay is die enigste winkel wat oop gebly het, maar het gesê hulle gaan al hul wins vir dié dag aan liefdadigheid skenk.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Helene Heyns ·

Ag, hulle kry dit baie vinnig terug uit ons sakke. Die kanse dat hul daardie klomp geld sal verloor is nul

AmY ·

Jare was kettingwinkels elke Sondag en vakansiedag gesluit, en niemand het uitgewerk hoeveel ‘miljoene verlore gegaan het nie.’

Alles draai net om geld. Dis so jammer.

Buitendien hoef hulle net elke produk se prys met so R2 op te stoot, en siedaar!!!

Ina ·

Ek verstaan nie waaroor kla hulle nie ,, Niemand het die winkel groep gedwing om toe te wees nie dit was hul eie besluit ,, Nou hoe nou ?? ek is seker daai gelde sal vinnig weer verhaal word deur prys aanpassings van hul produkte ..

johan ·

Nonsens! Wat die mense nie die Sondag gekoop het nie, het hulle op n ander dag gekoop. Hulle omset het nie met soveel gedaal nie.

Linda ·

Sal dit nie wonderlik wees as die arme mense wat so op ‘n Sondag werk liewer tuis kan bly & tyd met hulle vrouens & kinders spandeer nie – ons proiriteite is verkeerd. Alles word in Rand & Sent verwerk – daar is sekere goed wat geld nie kan koop nie – soos gesondheid!

Lanie ·

Hulle pryse is in elk geval alreeds op en het hulle klaar daardie geld weer opgemaak. Ek het die Saterdag met v d kassiere gepraat en hulle was baie bly oor die “af” dag wat hulle gekry het. Blykbaar is hulle aangese om die sondagmiddag van 2 – 5 te werk en het almal geweier :). Dit was aan die einde v d dag hulle keuse gewees om die winkels te sluit. Verlede jaar was ook die eerste Kersdag wat die plaaslike checkers nie oop was vir ‘n paar uur nie. Ek het spesifiek daarna gekyk !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.