Shrien Dewani kan uitgelewer word

Shrien en Anni op hul troudag

Shrien en Anni op hul troudag

Die hooggeregshof in Brittanje het Vrydag beslis dat Shrien Dewani aan Suid-Afrika uitgelewer kan word. Hy kan egter nog appelleer by die hoogste hof van appèl in Brittanje of  by die Europese hof om sy uitlewering te verhoed.

Regters het beslis hy kan uitgelewer word, mits die Suid-Afrikaanse regering onderneem om hom terug te stuur indien hy onbevoeg verklaar word om verhoor te word.

Sy regspan het verlede jaar versoek om Dewani se uitlewering na Suid-Afrika te keer totdat hy geestelik gesond genoeg is om verhoor te word.

Dewani het appelleer teen ‘n besluit dat hy in Suid-Afrika verhoor moet word oor die moord op sy vrou, Anni, tydens hul wittebrood. Hy het tot dusver daarin geslaag om nie aan Suid-Afrika uitgelewer te word nie weens mediese redes soos depressie en post-traumatiese stres.

Dewani word tans in ʼn hospitaal aangehou kragtens die Wet op Geestelike Gesondheid 1983. Sy volgende jaarlikse hersieningsdatum is Mei 2014.

Anni (28) is in November 2010 in Kaapstad doodgeskiet toe die egpaar in ʼn taxi gery het. Drie mans is intussen skuldig bevind aan haar moord.

Lees ook:
Shrien Dewani: Uitspraak voorbehou
Shrien Dewani moet uitgelewer word
Nog bewerings van gayseks teen Shrien Dewani
Shrien Dewani mag aan SA uitgelewer word
Anni Dewani se dood glo ʼn ‘ongeluk’
Anni Dewani se dood glo ʼn ‘ongeluk’
Dewani in hospitaal opgeneem
Anni Dewani se moordenaar gevonnis
Mngeni skuldig bevind aan moord op Anni Dewani
Dewani psigiaters glo sakevennote
Dewani se familie woedend oor T-hemde
Dewani-moord: twee verdagtes in die hof
‘Dewani-moordverdagte kan nie verhoor word’
Dewani word nie nou uitgelewer nie
Dewani hoor vandag oor uitlewering
Moontlike ooggetuies in Dewani-moord
‘Nuwe’ onthullings oor Dewani-moord
Dewani teken appèl aan teen uitleweringsbevel na SA
Brittanje teken Dewani-uitleweringsbevel

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jasper ·

Bring jou golfstokke saam. Jy en Shabir sal lekker kan saamspeel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.