Shrien Dewani mag aan SA uitgelewer word

Shrien Dewani, wat verdink word van die moord op sy vrou Anni, mag na Suid-Afrika uitgelewer word om verhoor te word.

Regter Howard Riddle het die aankondiging Woensdag in die Belmarsh-landroshof in Londen gemaak. Dit is onderhewig aan die goedkeuring van die Britse minister van binnelandse sake. Dewani (31) se vrou Anni (28) is in November verlede jaar in Kaapstad vermoor terwyl hulle op hul wittebrood was. Drie beskuldigdes is in verband met die moord in hegtenis geneem. Zola Tongo het tydens sy verskyning in die hof vir Dewani as die meesterbrein agter die moord uitgewys. Hy diens tans 18 jaar tronkstraf uit. Nog twee beskuldigdes waag op ʼn verhoor datum. Dewani se regspan het vroeër aangevoer hy is baie siek en die toestand van Suid-Afrikaanse tronke voorgehou as rede hoekom hy nie uitgelewer moet word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.