Shrien Dewani: Uitspraak voorbehou

Shrien en Anni Dewani

Shrien en Anni Dewani

Die regters in Shrien Dewani se hofsaak, of hy aan Suid-Afrika uitgelewer gaan word, het hul uitspraak tot volgende jaar voorbehou, het die British Press Association Vrydag berig.

Die regters is versoek om Dewani se uitlewering na Suid-Afrika te keer totdat hy geestelik gesond genoeg is om verhoor te word.

Dewani appelleer teen ‘n besluit dat hy in Suid-Afrika verhoor moet word oor die moord op sy vrou, Anni, tydens hul wittebrood. Hy het tot dusver daarin geslaag om nie aan Suid-Afrika uitgelewer te word nie deur mediese redes soos depressie en post-traumatiese stres aan te voer.

Lede van Anni se familie het Vrydag die hofverrigtinge in Londen bygewoon.

Dewani word tans in ʼn hospitaal aangehou kragtens die Wet op Geestelike Gesondheid 1983. Sy volgende jaarlikse hersieningsdatum is Mei 2014.

Anni (28) is in November 2010 in Kaapstad doodgeskiet toe die egpaar in ʼn taxi gery het. Drie mans is intussen skuldig bevind aan haar moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.