Shuttleworth eis R250 m. van regering

Mark Shuttleworth

Die miljardêr entrepreneur en filantroop Mark Shuttleworth het die Suid-Afrikaanse regering hof toe gesleep om die land se valutabeheerstelsel ongrondwetlik te verklaar.

Shuttleworth versoek ook die hooggeregshof in Pretoria om die R250 miljoen uitvoerheffing wat hy in 2009 moes betaal om van sy bates uit die land te neem, ter syde te stel en vir die Reserwebank om dit aan hom terug te betaal. Shuttleworth vra ook vir ʼn hofbevel om die bank se sogenaamde “toedeurbeleid”, waarvolgens die publiek met die bank moet kommunikeer deur die tussengangerskap van gemagtigde banke, ongrondwetlik en ongeldig te verklaar. Shuttleworth sê die bestaande valutabeheerstelsel het hom gedwing om in 2001 te emigreer. Hy sê in hofstukke dat dié stelsel dit onmoontlik maak om sy ondernemings en filantropiese ondernemings te bedryf. Shuttleworth het bates van meer as R4,27 miljard gehad toe hy geemigreer het. Hy het van die bates uitgevoer en moes elke keer ʼn 10%-heffing betaal. Shuttleworth woon tans in die Isle of Man, ʼn eiland in die Ierse see en het dubbelburgerskap. Die saak duur voort.

Shuttleworth was die eerste Suid-Afrikaner in die ruimte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

lettie ·

Dit verklaar baie dinge.. en laat ons as staatspensioenarisse, wie magdiens gedoen het, bitter voel oor ‘n skamele ongev 4% verhoging pj!!, terwyl kostes ten hemele styg, en die staatsgeld-pensioen op alle dinge uitfaseer word! Julle wie kan, gee gas!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.