Die Zimbabwiese koerant, Chronicle, het Donderdag berig dat die polisie ʼn sindikaat van ses stropers gevang het wat 41 olifante in Hwange vir hul tande doodgemaak het.
Die stropers het die sianied met sout gemeng en langs groot poele water geplaas waar olifante gewoonlik gaan water suip. Sodra die diere vrek, is hul tande verwyder en na ʼn stoorplek geneem.
Die stropers is gevang nadat wildbewaarders geweerskote gehoor en gaan ondersoek instel het, berig die Chronical. Die bewaarders het die stropers se voetspore tot by ʼn huis gevolg wat as ʼn stoorkamer gebruik is. ʼn Man is daar aangetref en is deur die wildbewaarders en polisie oortuig om die res van sy makkers na dié huis te lok waarna hulle almal in hegtenis geneem is.
Die polisie het beslag gelê op 17 olifanttande ter waarde van R1.2 miljoen. Volgens ʼn polisiebeampte is dié manier om olifante dood te maak baie wreed en vergiftig dit ook ander diere wat die olifante se karkasse vreet.
Wat sê mens … renosters, stropers, dolfyne, nee genade tog !
Berei vir elkeen van hierdie stropers ‘n behoorlike dis, en strooi sianied daaroor en MAAK HULLE DIT VREET !
Jinne, hierdie “mense” het geen genade van mens en dier nie.
sal like om die spul bietjie daarvan in te gee en te kyk hu hulle vrek.
Tragies. Kon hulle nie maar ‘n bietjie van die sianide gespaar het om van die Groter Verpesting as die stropers (dalk is die man die grootste stroper) ontslae te raak nie.
In 1971 het ons olifant tande, en produkte in die Caprivi strip gekoop vir ‘n appel en ‘n ui. Was destyds nog wettig.
Deel gerus die vleis uit sodat algar hulle trommeldik vreet , dis vir n goeie saak !