Sianiedvergiftiging eis 81ste olifant in Zim

Argieffoto

Argieffoto

Nog tientalle olifantkarkasse is in die Hwange-natuurreservaat gevind waar stropers soutpanne en ander waterbronne met sianied besmet het om sodoende olifante wat vrek se ivoor te buit.

Teen Saterdag het 64 olifante al gevrek, maar nog karkasse is intussen ontdek en die vrektes word nou op 81 gereken.

Talle kleiner diere het ook al weens die gif gevrek asook roof- en aasdiere wat aan die karkasse begin vreet het. Na wat verneem word, is slegs 19 olifanttande tot dusver teruggekry.

Nege mense is reeds in verband met die voorval in hegtenis geneem nadat hulle vermoedelik die olifante met die gif geteiken het om later hul ivoor te stroop.

In ’n soortgelyke voorval twee jaar gelede, het nege olifante, vyf leeus en twee buffels ook weens sianiedvergiftiging gevrek in dieselfde reservaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.