Siek bejaarde opgeneem, sterf met wond aan kop

Jeanette Johnson (84) is in ʼn hospitaal in Watervalboven, Mpumalanga dood met ʼn snywond aan haar kop nadat sy aanvanklik opgeneem is na sy begin braak het.

LookLocal berig dat Johnson Vrydagmiddag van die Silwer Dae-ouetehuis na ʼn hospitaal in Watervalboven geneem is nadat sy moeilik geëet het en dit gelyk het of sy bloed opbring. Die ouetehuis het ʼn ambulans ontbied om Johnson hospitaal toe te neem. Cassie Maritz, Johnson se seun, woon in Nelspruit en het gereeld die hospitaal gekontak om uit te vind van sy ma se toestand. Die hospitaal het hom egter 23:00 Vrydagaand geskakel en aangeraai om na die hospitaal te kom aangesien sy ma se toestand kritiek was. Maritz het ʼn wond aan sy ma se kop opgemerk wat met 11 steke geheg was. Die hospitaal het glo aan Maritz gesê dat sy ma van die bed af geval het. Maritz vermoed egter dat sy ma deur die personeel aangerand is aangesien sy ook ʼn stukkende plek aan haar mond gehad het. Johnson is Saterdagoggend oorlede. Die ouetehuis en paramedici hou vol dat Johnson geen beserings gehad toe sy na die hospitaal vervoer is nie. Maritz het die polisie gekontak en ʼn nadoodse ondersoek sal gedoen word om Johnson se oorsaak van dood te bepaal.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.