‘n Matroos van Burma is van ‘n skip in Port Elizabeth gered en in ‘n kritieke toestand met malaria na die hospitaal geneem.
“Reddingswerkers het aanvanklik gedink hy het geelkoors onder lede,” het Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), Sondag gesê. Hulle is Saterdag na die grootmaatvervoer-skip, Patriot SW, ontbied ná ‘n verslag dat die 43-jarige man van Myanmar bewusteloos en met ‘n koors aangetref is. “Hulle het hom in ‘n kritieke toestand aangetref, op die reddingsboot, Spirit of Toft, geplaas en na ‘n hospitaal geneem.” Volgens Lambinon was die skip van Kameroen onderweg na Singapoer en die laaste hawe was Kaapstad.