Sielkundige getuig oor ‘Modimolle-monster’

Johan Kotze tydens sy verhoor op 26 November 2012. Foto: Werner Beukes / Sapa

ʼn Kliniese sielkundige het Woensdag aan die Pretoriase hooggeregshof gesê hy stem nie saam dat die sogenaamde “Modimolle-monster” in ʼn dissosiatiewe staat was toe hy Ina Bonnette en haar seun aangeval het nie.

Cobus Coetzee het gesê hy kan nie met Tertia Spangenberg, sielkundige vir die verdediging, saamstem dat Kotze nie strafregtelik aanspreeklik gehou kan word nie omdat hy glo in ʼn nie-patologiese dissosiatiewe staat was.

Spangenberg, wat Kotze vir twee maande lank ondersoek het, het hom met ʼn narsistiese persoonlikheidsversteuring, erge depressie en stresversteuring diagnoseer. Sy het gesê dit het daartoe aanleiding gegee dat Kotze in ʼn nie-patologiese dissosiatiewe staat verkeer het, en dat hy dus nie beheer oor sy dade gehad het nie.

Coetzee en drie psigiaters het Kotze vir twee maande lank by die Weskoppies Psigiatriese Hospitaal in Pretoria evalueer. Die paneel het bevind dat Kotze nie aan enige geestelike versteuring ly nie en dat hy in staat was om die onbehoorlikheid van sy dade te besef en daarvolgens op te tree.

Kotze, Andries Sithole, Pieta Mohlane en Sello Mphaka het onskuldig gepleit op aanklagte van ontvoering, aanranding, verkragting en poging tot moord op Kotze se eksvrou Ina Bonnette en die moord op haar 19-jarige seun, Conrad, in Kotze se huis in Modimolle op 3 Januarie 2012.

Die staat voer aan dat Kotze die wraakaanval op Bonnette en haar seun beplan het.

Bonnette het getuig dat Kotze haar seksueel gemartel het en albei haar tepels afgesny het voordat hy die ander mans aangesê het om haar te verkrag terwyl sy aan ʼn bed vasgemaak was. Sy moes aanhoor hoe haar seun om sy lewe pleit voordat Kotze hom doodgeskiet het.

Alhoewel Kotze die gebeure voor en ná die misdaad in besonderhede kan onthou, was hy vaag oor dit wat gebeur het en voer hy aan hy het die mans gesmeek om Bonnette nie seer te maak nie. Hy sê hy kan onthou dat hy die moordwapen hanteer het, maar hy kan nie onthou dat hy die sneller getrek het nie.

Coetzee het getuig dat Kotze nie aan enige patologiese toestande ly nie. Hy kan moontlik narsistiese neigings hê, maar hy ly nie aan ʼn narsistiese persoonlikheidsversteuring nie. Coetzee kon nie enige bewys van erge depressie ten tye van die voorval bespeur nie. Hy sê klassieke tekens van depressie sluit ʼn depressiewe bui, selfmoordneigings, en onttrekking uit die samelewing in. “Kotze het nie een van dié neigings getoon nie,” het Coetzee gesê. “Episodes van ʼn depressiewe bui beteken nie dat daar erge depressie is wat só erg is dat dit kriminele aanspreeklikheid kan beïnvloed nie,” het hy gesê.

Coetzee sê Kotze voldoen nie aan die kriteria vir akute stresversteuring nie. Dit is glo ook onwaarskynlik dat Kotze vir ʼn lang tyd in ʼn dissosiatiewe staat verkeer het of dat hy sogenaamde mini-episodes van dissosiasie beleef het sonder ʼn onderliggende oorsaak soos dementia of Alzheimer se siekte.

Volgens Coetzee dui Kotze se gedrag voor, tydens en ná die aanval op iemand wat rasioneel kon optree en beplan. Hy het bepaal dat sekere gedeeltes van Kotze se gedrag nie sin maak nie, maar dat dit nie beteken dat hy nie aanspreeklik gehou kan word nie.

Die saak duur voort.

Lees ook:
‘Modimolle-monster’: Nuwe sielkundige bewyse
‘Modimolle-monster’: Vermeende verkragter bang vir polisie
‘Modimolle-monster’-saak uitgestel
‘Verkragters’ gelukkig om wit vrou te kry, hoor hof
‘Modimolle-monster’ het aanval glo “haarfyn beplan”
‘Modimolle-monster’: Sithole het glo gehuil
‘Modimolle-monster’ en Ina het glo ooreenkoms gehad
‘Modimolle-monster’: “Ons is gedwing” 
‘Modimolle-monster: Saak uitgestel
‘Modimolle-monster’ het Ina glo verafgod
‘Modimolle-monster’: Kliniese sielkundige volstaan met verslag
Kotze het geglo sy huwelik was ‘heilig’
‘Modimolle-monster’ glo hy het nie ‘n misdaad gepleeg nie
‘Modimolle-monster’: Kotze onder kruisverhoor
Modimolle-monster vandag onder kruisverhoor
“Modimolle-monster” vandag dalk in getuiebank
“Modimolle-monster” glo ‘onbevoeg’; dokter getuig
“Modimolle-monster” weer in hof
Man afgedank ná hy “Modimolle-monster” op Facebook ‘loof’
Modimolle-monster: Saak uitgestel
‘Modimolle-monster’: Kotze se brief opgespoor
Modimolle-monster: “Geen tekens van verkragting”
Modimolle-monster: ‘Martelinstrument’ het haar ook bevry
‘Modimolle-monster’ se vriend, dogter getuig
Verdere getuienis in ‘Modimolle-monster’-saak
“Hulle kon haar nie verkrag het nie”
‘Modimolle-monster’ erken hy het seun geskiet
‘Modimolle-monster’: “Dit is nie in my aard om iemand seer te maak nie
‘Modimolle-monster’: “Ek het Ina probeer beskerm”
‘Modimolle-monster’ het glo oor kanker gejok
‘Modimolle-monster’: Ek het jou lief daarom martel ek jou
“Hy het my kind vrek geskiet”
‘Modimolle-monster’: Vermoorde seun se vriend getuig
‘Modimolle-monster’ weier om te pleit
‘Modimolle-monster’: Ina sal moontlik eerste getuig
‘Modimolle-monster’: Verhoor begin
‘Modimolle-monster’ geskuif ná selmaats kla
‘Modimolle-monster’ geskik vir verhoor
‘Modimolle-monster’ weer agter tralies
‘Modimolle-monster’ bly langer in Weskoppies
‘Modimolle-monster’: Saak uitgestel, alle name nou bekendgemaak
‘Modimolle-monster’: Nog twee verdagtes verskyn in hof 
‘Modimolle-monster’: Vierde verdagte vas
‘Modimolle-monster’: Derde verdagte vas
‘Modimolle-monster’: Vervreemde vrou vertel
‘Modimolle-monster’: “Ek wou haar net klein bietjie seermaak”
‘Modimolle-monster’: Hoe hy vasgetrek is
‘Modimolle-monster’ uiteindelik gevang

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.