“Sielsieke” moor glo oor lawaai

Argieffoto

ʼn 47-jarige man van Noordwes, wat vermoedelik geestelikversteurd is, is Saterdag in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn man, wat te veel lawaai gemaak het, met ʼn byl doodgekap het.

Sersant Kelebogile Moiloa, ʼn polisiewoordvoerder, sê die verdagte het die slagoffer, Mogapi Lekwakwe (57), omstreeks 22:00 in Pela naby Hebron vermoor.

“Die verdagte het ná die voorval na sy broer se huis gegaan en vir hom gesê hy het die man doodgemaak omdat hy te veel lawaai gemaak het, en hy dit nie meer kon hanteer nie,” het Moiloa gesê. Die verdagte se broer het die polisie ontbied en die slagoffer se liggaam is in ʼn plas bloed gevind. “Die verdagte is in hegtenis geneem. Die broer het aan die polisie gesê dat sy broer geestelikversteurd is,” het Moiloa bygevoeg.

Die verdagte moet binnekort in die Madikwe-landdroshof verskyn

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.