Sigaretstompie veroorsaak glo dat bakkie uitbrand

ʼn Bakkie het Saterdagmiddag naby Kimberley uitgebrand nadat ‘n sigaretstompie wat iemand glo uit hul voertuig gegooi het, die bakkie laat vlamvat het.

Volgens Derick Banks, ʼn woordvoerder van ER24, het die voorval omtrent 15km buite Kimberley op die N12-hoofweg gebeur.

“Na wat verneem word, het die motoris wat voor die bakkie gery het, ʼn sigaretstompie by sy venster uitgegooi. Dit het voor by die bakkie se rooster ingewaai en op die enjin beland. Die bestuurder het kort daarna rook by sy enjinkap sien uitkom en van die pad af getrek. Die bakkie het daarna vlam gevat. Die drie insittendes kon darem betyds uit die voertuig kom en is ongedeerd.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.