Sikloon gaan Indië tref – honderde duisende vlug

Phailin kan duidelik in die Baai van Bengale gesien word

Phailin kan duidelik in die Baai van Bengale gesien word

Die sikloon Phailin wat die helfte so groot soos Indië self is, en volgens kenners so kragtig is soos Katrina wat in 2005 dood en verwoesting in die suide van die VSA veroorsaak het, sal die subkontinent na verwagting Saterdag tref. New Orleans is byna geheel verwoes.

Phailin, die Thaise woord vir saffier, word as ‘n atmosferiese monster en ‘n supersikloon beskryf.

Honderde duisende mense in laagliggende dele het reeds na hoërliggende gebiede gevlug nadat die owerhede grootskaalse oorstromings voorspel het.

Phailin lê nou minder as 600 kilometer van die kus oor die Golf van Bengale.

Windsnelhede van meer as 200 kilometer per uur word voorspel.

Sowat 5 000 gesinne het reeds hul intrek in spesiale skuilkelders geneem, maar dié getal moet voor die storm toeslaan tot ‘n 100 000 mense styg.

Indië verwag dat die sikloon groot skade aan oeste en selfs geboue gaan aanrig, en dat elektristeits- en waterverbindings, asook spoorverbindings ontwrig sal word.

Phailin is nie behoorlik voorspel nie weens die afwesigheid van ‘n funksionele waarskuwingstelsel in die area, en die omvang is eers besef toe dit pas skielik baie begin intensiveer het.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.