Sikloon Irina kan groot reën bring

Sikloon Irina. Foto: www.nasa.gov

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) sê die naderende tropiese storm, Irina, kan die naweek swaar reën van ʼn “uiterste en buitengewone aard” na die noordoostelike dele van die land bring.

Irina beweeg tans suidwes in die Mosambiek-kanaal af. Die SAWD sê in ʼn verklaring dat wydverspreide swaar tot stortreëns oor ʼn groot deel van die suide van Mosambiek sowel as in die ooste van Limpopo, die ooste van Mpumalanga, KwaZulu-Natal en Swaziland kan voorkom. Areas wat veral in gevaar kan wees is die suidkus en aangrensende binneland van Mosambiek, die kus aan Maputaland sowel as die aangrensende binneland van die verre noord-ooste van KwaZulu-Natal. Kosibaai, St. Lucia en Richardsbaai val dus in die hoë-risiko area. Die SAWD sê die areas kan reënval van tussen 300 en 400mm kry oor 2 tot 3 dae. Die SAWD sê dis reënval van ʼn “uiterste en buitengewone aard” wat laas in 1984 gesien is nadat die tropiese storm Domoina die gebied getref het. Die SAWD het gewaarsku dat kitsvloede kan voorkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.