Sikloon Phailin: Bykans 500 000 reeds ontruim in Indië

Sikloon Phailin Saterdag in die Golf van Bengale

Sikloon Phailin Saterdag in die Golf van Bengale

Nagenoeg 500 000 mense is Saterdag reeds uit Indië ontruim in afwagting van sikloon Phailin.

Stormsterkte winde van tot 240km/h het reeds bome ontwortel en die armsalige huisies uitmekaar geruk.

Die sikloon is moontlik die ergste storm wat dié gebied tref sedert 1999 toe meer as 8 000 mense gesterf het, het die weerburo in Indië gesê. Owerhede voorspel hoë stormgolwe wanneer die sikloon die kus sal tref.

Hulp is reeds ontbied en gratis kospakkies word aan skuilings verskaf.

ʼn Korrespondent van AFP was op die laaste vlug wat in Orissa aangekom het voordat die lughawe gesluit het. Hy het verduidelik hoe die vliegtuig sy eerste landing moes laat vaar weens die sterk wind en swaar reën.

Minstens 440 000 mense is reeds uit Orissa en Andhra Pradesh aan die kusgebied ontruim na die suide, het die nasionale rampbeheeragentskap (NDMA) gesê. “Dit is een van die grootste ontruimings in Indië se geskiedenis,” het Marri Shashidhar Reddy, adjunk voorsitter van NDMA, gesê.

Owerhede poog steeds om nog mense te ontruim, alhoewel sommige huiwerig is om hul huise te verlaat. “Ons is aangesê om mag te gebruik indien mense ons teenstaan,” het Mohapatra, die kommissaris vir spesiale verligting in Orissa, gesê.

Lees ook:
Sikloon gaan Indië tref – honderde duisende vlug

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jasper ·

Sulke rampe en die elende daarna is nooit mooi nie. Tog wonder ek watter van hul baie godsdienste en gelowe gaan aan hulle redding verskaf met so n ramp? Boedisme, Sikhisme, Hindoe-isme, Jaina Dharma, Brahma of Krishna ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.