Silwer varing eerder as Union Jack op NS-vlag?

Key VlagNieu-Seeland se vlag sal in die toekoms met die silwervaring, in plaas van die Union Jack, daarop spog as die Kiwi’s se premier, John Key, sy sin in ‘n beoogde referendum kry.

Die bestaande vlag is 145 jaar oud, en Nieu-Seeland het 70 jaar gelede onafhanklikheid verkry, maar deel van die Britse Statebond gebly.

Die huidige vlag is ‘n netelige kwessie. Die vlag lyk byna net soos dié van Australië, met dié verskil dat die Nieu-Seelandse vlag effe minder sterre op het, en dat die sterre rooi, in plaas van wit is. Nieu-Seeland is in sy koloniale geskiedenis kortstondig as onderdeel van Nieu-Suid-Wallis uit Sydney bestuur, en om ‘n Nieu-Seelander baie gou baie kwaad te maak, moet na Nieu-Seeland as ‘n sewende Australiese staat verwys word.

Kanada, wat presies dieselfde status as Nieu-Seeland binne die statebond het, het in 1965 ‘n vlag sonder die Union Jack daarop gekry. Die vlag spog met die bekende esboomblaar in die middel.

‘n Tegniese probleem met die gedagte van ‘n silwer varing op die Kiwi-vlag, is dat dit die beste teen ‘n swart agtergrond vertoon, soos op die gevreesde All Blacks se truie. Maar van ‘n swart vlag wil vlagkenners niks weet nie, Daar simboliseer dit swaarkry en rampe.

Bron: Trouw

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Shannon ·

Met in ag genome dat `n land met `n bevolking van minder as 6 000, `n ekonomie gelykstaande aan my voorstad sin en die grond oppervlak van `n afgekoelde vulkaan, bly dit vir my onaanvaarbaar frustrerend dat hierdie spul kortbroek-en-gumboets plaasarbeiders ons gepamperlangde Bokkies telkens lesse gee.

Dus, soet was die smaak in die mond toe die sewes blitsies, sonder die bydrae van `n bang skeidsregter onder `n mandela wolk, al die Olblêks se tjips steel.
In ekstase en plesier, my bier, omgekeer in my skoot.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.