Simelane se aanstelling ongeldig

Die appèlhof het beslis dat pres. Jacob Zuma se aanstelling van adv. Menzi Simelane as nasionale direkteur van openbare vervolging ongeldig is.

Eyewitness News berig dat die Demokratiese Alliansie (DA) ‘n aansoek ingedien het waarin beweer word dat Simelane se aanstelling nie wettig is nie aangesien hy nie bevoeg is om die werk te doen nie. Simelane het aan die ondersoekspan van die voormalige hoof van vervolging, Vusi Pikoli, gesê dat hy glo die uitvoerende hoof kan vervolgingsbevele gee.
James Selfe van die DA het gesê: “Dit beteken dat Simelane nie meer die nasionale direkteur van openbare vervolging is nie. Sy aanstelling was ongeldig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.