Sindikaat moontlik verantwoordelik vir OTM-ontploffings

ABSA OTM-aanval in Kemptonpark, Julie 2008

Die Instituut vir Sekerheidstudies (ISS) het Woensdag gesê dit is moontlik dat persone wat vroeër vir transitorooftogte verantwoordelik was, nou OTM’e teiken.

Alhoewel daar ʼn groot afname in transitorooftogte is, het die aantal OTM-ontploffings in die Wes-Kaap gestyg, berig EWN. ʼn Absa OTM-masjien in Blue Downs is vroeër opgeblaas en die kontant is gesteel. OTM’e in Mitchells Plein en Southfield is verlede week opgeblaas.

Dosyne OTM’e is vroeër in 2012 opgeblaas, meestal in Goodwood.

Johan Burger, navorser van ISS, is oortuig ʼn sindikaat is verantwoordelik. “Hierdie tipe sindikate in die Wes-Kaap het nou hul visier op OTM-masjiene gestel. Dit is moontlik dat transitorooftogte net te gevaarlik vir hulle geraak het,” het Burger gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.