‘n Video van die singende vis volg onderaan die berig. ʼn Singende vis het ʼn rower die skrik op die lyf gejaag toe die man by ʼn visvangwinkel wou inbreek.
Dié vis, wat deur beweging geaktiveer word, begin sing sodra iemand die deur oopmaak in die Hooked on Fishing-visvangwinkel in Rochester, Minnesota in Amerika. Die vis sing glo “Take me to the River”.
“Die singende vis is op die vloer aangetref nadat die inbreker hom afgestamp het,” het sers. Tom Claymon, woordvoerder van die sheriff se kantoor, aan die Star Tribune gesê. “Die vermeende inbreker is daar weg sonder om enigiets te steel, nie eers die kontant wat op ʼn baie sigbare plek gelê het nie.”