Sinkgat glo deur koperdiewe veroorsaak

Die pad tussen Marikana en Rustenburg in Noordwes is die naweek gesluit weens ʼn sinkgat, wat sowat ʼn maand sal neem om reggemaak te word.

Die departement van huisvesting en openbare veiligheid in Noordwes se woordvoerder, Lesiba Kgwele, sê die sinkgat van 500mm het voor die Bleskop-myn ontstaan en sal na verwagting heelwat groter word. Kgwele sê die pad sal na verwagting vir sowat ʼn maand gesluit wees. Die myn het intussen puntsmanne aangestel om verkeer om die sinkgat op die D108 te herlei aangesien daar geen alternatiewe roetes is nie. Kgwele sê die sinkgat is glo veroorsaak deur koperdiewe wat probeer het om hulle weg uit die myn te grawe. Dit kon egter nie bevestig word nie. “Noordwes Padverkeer owerhede verwag dat myningenieurs Maandag ‘n tegniese ondersoek sal doen om die omvang van die bedreiging en nodige ingryping vas te stel,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.